Merino Stelsel

Produk Kode MB

Die merino bakkies kom in elke lam hok die water kom vanaf n tenk dan na n hoof krip en uit die krip kom die moederlyn wat na die lam hokke toe gaan. Die bakkies sal jy sien aan die onder kant waar die inlaat is pas ‘n klas 3 25mm pyp op wat net vas geklemp word, die moederlyn hoef nie waterpas te wees nie. Wat wel belangrik is, is dat jou bakkies en die krip wat die water voorsien moet nie waterpas wees as die klant dit instaleer.

 

Kontak Ons

Stuur vir ons n e-pos.

Waarborg

Ons waarborg hom,  ja… Maar nie teen mishandeling nie

• Alle TROGTEK  produkte word vir 2 jaar teen lekkasies of breekskade in normale gebruik, sowel as 10 jaar teen die son gewaarborg.

• Die datum van aankoop geld as aanvangsdatum vir hierdie waarborg.

• Hierdie waarborg sluit skade deur vuur en meganiese beskadiging uit.

• Dit is ‘n uitdruklike voorwaarde van hierdie waarborg dat waterkrippe nie op staanders geplaas of op enige wyse so geïnstalleer word dat die bodem nie behoorlik ondersteun word nie.  Dit is wel belangrik om sorg te dra dat die bodem van die krip stewig ondersteun word deur ‘n harde oppervlakte.  Dit sal help om u krip se leeftyd oor baie jare te verleng.