Waarbrog

Ons waarborg hom,  ja… Maar nie teen mishandeling nie

*  Alle TROGTEK  produkte word vir 2 jaar teen lekkasies of breekskade

in normale gebruik, sowel as 10 jaar teen die son gewaarborg.

* Die datum van aankoop geld as aanvangsdatum vir hierdie waarborg.

* Hierdie waarborg sluit skade deur vuur en meganiese beskadiging uit.

* Dit is ‘n uitdruklike voorwaarde van hierdie waarborg dat waterkrippe

nie op staanders geplaas of op enige wyse so geïnstalleer word dat die

bodem nie behoorlik ondersteun word nie.  Dit is wel belangrik om

sorg te dra dat die bodem van die krip stewig ondersteun word deur ‘n

harde oppervlakte.  Dit sal help om u krip se leeftyd oor baie jare te

verleng.