In April 1998 het Hannes en Ester Smit begin om waterkrippe van “conveyor belt” te maak met staal rame. Hierdie krippe is aanvanklik direk aan boere verkoop totdat daar in Februarie.2000 n verskaffers-ooreenkoms met OVK in Ladybrand aangegaan is. Dit was die begin van vele ander ooreenkomste met Landbou besighede oor die hele Suid Afrika en later Botswana en Namibië.

Gedurende Desember 2001 het seun Stoffel sy werk in Pretoria by die BMW fabriek gelos en gewig by ons kom ingooi. Van toe af het Trogtek groot veranderinge ondergaan en n “familie” saak in die ware sin is hier gebore. Gedurende 2010 het Trogtek n sterk bemarkingspan in die veld gevestig. Stoffel se tegniese kennis en vaardigheid en ons bemarkingspan se kennis van die Koöperasiewese het Trogtek verander van n klein besigheidtjie tot n reus met sewentig personeellede en steeds groei Trogtek jaarliks.

Gedurende Augustus 2003 het Trogtek die vervaardiging van die “conveyor belt” krippe gestaak en die Fabriek begin oor bou om Plastiek krippe te maak. Vier maande later is die eerste Plastiek krip gemaak en daarna het ons nooit weer terug gekyk na waar ons vandaan gekom het sonder om die Vader se hand van Genade elke dag in ons bestaan raak te sien nie.

Vandag vervaardig ons n wye reeks produkte wat met vyf vragmotors met sleepwaens oor die hele Suid Afrika,Namibië en Botswana aan handelaars versprei word.Nuwe produkte word voortdurend ontwikkel om in die behoeftes van boere te voorsien. Veral die wildbedryf wat in die laaste paar jaar geweldig toegeneem het,het vir ons groot uitdagings gestel. Dit het gehelp dat Trogtek vandag die leier in ons veld is soos die Goue ontwerp toekenning wat ons in 2015 deur die Plastiek Bedryf gewen het.

Ons dank aan al die Kliënte wat ons gehelp het met hul ondersteuning oor al die jare.